ROCMASTER bring jare se teling by bymekaar!

“Rocmaster is nie ‘n ras nie, dit is om vir my kopers ‘n spesifieke dier te voorsien wat hul kudde en hul habitat sal komplimenteer, vir maksimum vleisproduksie.”
25 Jaar van teling, menigte vlugte na boere in Australie, Amerika, Mexico, Brasilie, Argintinie en Europa, baie plaasbesoeke aan telers in Suid-Afrika en 'n passie vir teling bring my uiteindelik by 'n einddoel. Nie net 'n prenjie van hoe my ideale bees moet lyk nie maar ook sy kriteria waaraan hy moet voldoen: vrugbaar, aanpasbaar, goeie loopvermoe en goeie groei wat geld in jou, en jou kliente wat diere by jou koop, se sak beteken. Poena is 'n bonus maar nie 'n vereiste nie. Gemaklike kalwing word nagestreef, ongelukkig is daaar 'n direkte verwantskap tussen groei en geboortegewig en daarom wil ons nie die kalfies te lig he nie en fokus ons eerder op geboortegemak.
25 Jaar gelede het ek my eerste Brangus bul gekoop en daar het ek besef die enorme verskil wat hy in my kudde gemaak het. Hy het in die eerste generasie reeds duidelik sy stempel afgedruk en hoewel ons koeie van verskillende rasse was, was al die kalfies eenvormig en kon mens duidelik die bietjie oor wat die bul gebring het, raaksien. Behalwe die uniformiteit het die groei van die kalwers my oortuig dat ek op die regte pad is. Ek het 25 Brangus tipe koeie geselekteer en ingekeur en hul by my Brangus bul gesit. Ek het voortdurend top gehalte bulle gekoop om in my teeldoelwitte te voordoen. In die eerste paar jaar het ek daarna gestreef om my fenotipe te verbeter en in hierdie tyd was mooi poena tipiese Brangus koppe met bree bekke en beeste met met goeie hakke my kriteria. Soos wat my fenotipe verbeter het, het ek na 'n nuwe teeldoelwit verskuif, dit was goeie groei vir 200 en 400 dae. Dit is tog tydens hierdie stadium wat ek, en ook my kopers, die kalwers aan die voerkraal verkoop en hoe swaarder die kalf, hoe meer wins maak ons. Hierdie keuse van my, se resultaat word ook duidelik weerspieel in die genetiese tendense van ons kudde, wat ons van Breedplan ontvang. Met 25 jaar se seleksiedruk wat toegepas is, sit ons vandag met 1000 geregistreerde koeie wat die afgelope paar jaar 'n gemiddelde kalfinterval van onder 400 dae handhaaf.
Om ons nuwe teeldoelwitte te kon nastreef, het ons 3 jaar gelede begin met 'n poena Brahman kudde. Meeste van ons kopers is kommersiele boere wat ekstensief boer. Die vraag na diere met meer vel en oor, wat gewoonlik meer annpasbaar is, het verhoog. Ek het self agter gekom dat die diere met meer vel beter produseer met beter kapasiteit en groeivermoe. Omdat ons 'n langtermyn doelwit nastreef, het ons 'n aparte stoet registreer en Le Roc Poena Brahmane bestaan reeds uit ongeveer 150 stuks vee wat meestal reeds die poena geen dra. Ons is besig om die wit- en die rooilyne vas te teel en gebruik tans die Brahamane op 'n klein gedeelte van ons Brangus kudde om ons doelwiite te verwesenlik.
In al my strewe na die perfekte vleisbees het ek baie navorsing gedoen. Gegewe die kudde wat ek tot dusver opgebou en gekonstrueer het, is daar nog iets wat ek kan byvoeg om my kudde nog meer doeltreffend en winsgewend te maak. Ek het jare terug na 'n lesing van prof Frikkie Neser geluister, en hy het gese daar sal later net 'n rooi ras wees, nie spesifiek 'n ras nie. Wel ek wil saam met hom stem. Die rasse het al so naby mekaar gekom dat selfs 'n gesoute teler hul nie van mekaar sal uitken as hul deurmekaar gejaag word nie. Die 'fancy points' in elke ras van “wit hier en 'scurs' daar” wat 'n bees se stoet gradering verander, kan baie keer veroorsaak dat top genetika verlore gaan want al wat ek wil doen is om meer vleis te teel. Dit is wat my by die Droughtmaster gebring het en ek voel die ras sal my sirkel voltooi om by die perfekte vleisbees uit te kom. Ek het saad van 'n top beproefde Drougtmaster bul, wat reeds meer as 450 nageslag het, bekom en 'gesexde' embrios saam my beste Brangus koei gespoel. daar is 8 versies en 1 bulletjie gebore. Hierdie kalfies het my stoutste verwagtinge oortref en daarom het ons ROCMASTER Droughtmaster stoet registreer. Ons Droughtmaster stoet sal ook op sy eie staan en ons koop selektief diere aan wat in ons teelwitte voldoen. Ons sal spesifieke Droughtmasters op 'n gedeelte van ons Brangus kudde gebruik om die optimum vleisbees te probeer teel.
Ons is baie opgewonde oor die kalwers wat nou val en in ons volgende teelseisoen gaan daar baie spesifieke parings plaavind waar ons van al drie ons basis rasse gebruik sal maak. ons gebruik ook 'n intesiewe embrio program om vinniger ons doelwit te verwesenlik. Die Brahamaan is buitendien regdeur teenwoordig, dit is om die kombinasie optimum te gebruik om ROCMASTERS te kan teel. 'n Vrugbare, geharde, 'low maintenance' bees met 'n goeie loopvermoe en uitstekende groei. Ons teeldoelwitte word steeds streng nagevolg. Die diere word nie ‘n Rocmaster omdat hul fenotipies aan die kriteria voldoen nie. As hul fenotipies korrek is, moet hul nog steeds ‘n kalfinterval onder 400 dae handhaaf en die koei moet meer as 40% van haar eie liggaamsgewig speen. Sentiment het nie plek as dit by winsgewendheid kom nie, as hul nie aan die kriteria voldoen nie, gooi ons hulle uit!
Rocmaster is nie ‘n ras nie, dit is om vir my kopers ‘n spesifieke dier te voorsien wat hul kudde en hul habitat sal komplimenteer, vir maksimum vleisproduksie. Ek doen dit deur 2 produksieveilings per jaar waarvan die volgende 19 Oktober 2022 sal wees. Hier val ons klem om veldaangepaste diere te verkoop, ons bulle word in ‘n groot spaarkamp vir ons veiling voorberei. Hul ontvang die laaste 2 maande voor die veiling 6-8 kg Bul-C, per dag. Die res van die tyd loop hul en wei en op die manier hou die rumen aan met werk en kan ons hul aanpassing enige plek in SA waarborg. Tydens ons veiling is hul in goeie kondisie sodat kopers kan sien wat die bul hul bied, maar hul is nie vet nie en hul rumen is nog gras gewoond. Ons het ook ons hele kudde beskikbaar gestel om van enige koei IVF embrios te spoel of enige bul se saad te tap. Ons beplan ook om van ons ouer koeie uit te sit vir kopers wat hul met ‘n spesifieke bul gedek wil he en hul dan die dragtige koei kan koop. Dit is veral vir jong telers wat beproefde genetika wil bekom, sonder om ‘n fortuin daarvoor te betaal. As ek weer van voor af moes begin teel het, sou ek anders begin het. Ek sou vir dieselfde aanvanklike uitgawe, eerder met top kwaliteit diere begin het, al sou dit beteken ek moes met ‘n kleiner getal begin het. Dit is ‘n baie lang proses om diere beter te teel maar met die embrios en KI kan jy jy top gehalte diere vinnig vermeerder en is die genetiese sprong enorm!
Rocmaster…. where breeding is our passion and excellence our goal!
Rocmaster…tough as a Roc
Let’s get Roc’ng
Persverklaring deur Mornay Verster van Le Roc Brangus, Brahman en Droughtmaster